Met die instelling van die Vryburgers was daar n wysiging in die samestelling van die Kaap se bestuursliggaam en Politieke Raad. Die Raad het bestaan uit die skeepskapteins met Van Riebeeck as voorsitter. Die Vryburgers het vir die eerste keer aan boord van die Drommedaris byeengekom.
Nadat die kapteins die Kaap verlaat het, het die Politieke Raad bestaan uit die kommandeur, die sekunde, die fiskaal, die bevelvoerder van die garnisoen (eers n korporaal, toe n sersant en later n kaptein) en n sekretaris. Die sekretaris het egter nie stemreg gehad nie. As verteenwoordiger van die Vryburgers is Steven Jansz van Wageningen as die eerste burgerraad aangestel.
Hendrik Boom die hooftuinier wat ook n Vryburger geword het is as tweede burgerraad aangestel. Elke jaar het een van die twee burgerrade afgetree en is dan met iemand vervang wat deur die Kommandeur aangewys is.
Daar was n hunkering na n Afrikaanse diensbeweging. Dit het n groepie Afrikanermans van Bloemfontein aangespoor om so n beweging in 1963 te stig waardeur daar na die welsyn van die gemeenskap omgesien kan word.
Daar is voortgebou op die naam van die eerste landbouers aan die kaap wat as die Vryburgers bekend gestaan het. Die afbeelding van Adam Tas, een van die vroeë Vryburgers, se huis as embleem.
Sedertdien is die Vryburger Omgeemense n groepering van outonome korpse (klubs) en is die doel insameling van fondse en inklusiewe dienslewering aan die breë gemeenskap.
Hulle het ook besluit om die vroeë Kaapse ampsbenamings vir die beweging se ampte te gebruik:
Hulle staan bekend: – die voorsitter as die Stuurman, Sekretaris – Skrijwer, Tesourier – Fiskaal, ordebeampte – Ritmeester, Skakel beampte en bemarking – Basuin.
Alhoewel dit ’n nasionale organisasie is sorteer meeste van die korpse onder die Wes-Kaap, met korpse in Ashton, Bonnievale, Ceres, De Doorns, Mosselbaai, George, Oudshoorn, Paarl, Rawsonville, Robertson, Tygerberg, Wolseley en Worcester. Verder oor die land is daar korpse in Oos-Londen, Bloemfontein, Kroonstad, Upington, Pretoria, Ermelo, Polokwane en dan twee korpse in Rustenburg.
Die Vryburger Omgeemense kom een keer per maand in hulle korpse bymekaar vir ’n vergadering en kuier dan ook lekker saam. Die twee prominentste aktiwiteite in ’n korps is fondsinsameling en dienslewering.
Meeste van die Vryburger lede is Afrikaanse besigheidsmanne (en deesdae vroue ook) wat graag ’n verskil in hulle onmiddellike omgewing en ons land wil maak.
Vind meer uit, volgende week…