Hoe het die Vryburgers ontstaan? DEEL 3/3

Die Vryburgers het ook n Burgerraad waar hulle een keer per jaar bymekaar kom om vergadering te hou, idees uit te ruil en lekker saam te kuier.
Elke korps beplan sy eie aktiwiteite en voer dit uit. Daar is egter drie inisiatiewe waarop daar landwyd gefokus word:
Kos vir kinders – die Vryburgers ondersteun skole en hulle sopkombuise om vir honger kinders by skole deur die dag iets te gee om te eet.
Woordverspreiding: Bybels, oudiobybels en geestelike werkboeke word vanaf verskeie geestelike lektuurverskaffers aangekoop en dan na gemeenskappe en skole versprei waar daar ’n behoefte vir die Woord van God is.
Tamaaibraai: Daar word jaarliks vir die bejaardes smaaklike Karoo braaivleis gebraai met lekker musiek. Die bejaardes word ook so uit hulle kamers gekry en word lekker bederf die dag.
Saam dit het die Vryburgers ook die volgende inisiatiewe:
Omgeewater: Waar al die korpse saamspan vir die aankoop van watertenks waar die droogtenood gemeenskappe beïnvloed. Daar is onlangs ’n 40 000 liter staal-reservoir aan ’n skool in Kroonstad geskenk en staangemaak om nie net die skool nie, maar ook omliggende huishoudings te bedien nadat die dorp se waterbronne opgedroog het.
Omgeewinkel: Die gemeenskap gaan gee hulle ou klere by die Vryburgers af wat dit was, regmaak en sorteer. Die klere word dan teen spotgoedkoop aan die behoewende gemeenskap verkoop. Die inkomste gegenereer uit die klere wat verkoop word, gee weer vir die Vryburgers die geleentheid om elders in die gemeenskap die nood te verlig. Sommige van die korpse het geboue waaruit hulle elke dag verkoop en die ander korpse verkoop weekliks of maandeliks op straat.

Leave a Comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *