"Dien Met Vreugde"

Diensprojekte

Die Vryburger Omgeemense is daar om ‘n verskil in hulle gemeenskappe te maak. Alhoewel “broodnood” ‘n prioriteit is wil ons op ander gebiede ook ‘n verskil maak. Dis dán wanneer die Vryburgers moue oprol en dinge laat gebeur.

Tijgerberg Vryburgers -
Kindershuis Kersparty

Die Tijgerberg Omgeemense bederf die Boucher Huis vir kinders met 'n kersfees party.

Rustenburg Vryburgers -
Potjiekos vir Bejaardes

Koster Tuiste vir Bejaardes se inwoners geniet 'n lekker skaappot saam die Rustenburg Vryburg Korps.

Oudtshoorn Vryburgers -
Kersbraai

Oudtshoorn Vryburgers het vir die kinders van die plaaslike Lighuis 'n jaarafsluiting en kersbraai gehou.

Ceres Vryburgers -
Hulp aan Haweloses

Ceres Vryburge manne wat die hawelose help voed op koue aande. Hierdie is 'n deurlopende projek van die korps.

Kroonstad Vryburgers -
Kospakkies na Dagsorgsentrum

Kroosntad Omgeemense besoek hulle plaaslike Dagsorgsentrum. Lekker worsbroodjies, kerspakkies en drukkies uitgedeel.

Oos-Londen Vryburgers -
Kos aan Haweloses

Hier deel Vryburger Omgeemense Oss-Londen pap en wors uit aan haweloses naby die middestad.