Tamaaibraai 11-13 April 2025
Registreer as individu of groep.
Tamaaibraai
Vryburger Omgeemense streef daarna om die plaaslike gemeenskap te dien, om altyd Die Bybel as grondslag te gebruik en om samewerking in die gemeenskap te bevorder.
Dit word gedoen deur Broodnood, Woordnood en Sielsnood te verlig.
Kos vir Kinders projekte en ondersteuning aan tehuise help om broodnood te verlig.
Met die verspreiding van Audiobybels, Living Balls, Bybels en Bybelboeke word Woordnood verlig.
Tamaaibraai verlig sielsnood.
Bietjie aandag, omgee en braaivleisrook maak ‘n GROOT verskil aan bejaardes se lewens en is baie meer werd as geld.
Jaarliks, in April, word Tamaaibraai wêreldwyd gehou, dan braai al die korps op dieselfde naweek vir bejaardes. Meer as 3400 mense word reeds jaarliks so bederf.
In dorpe waar daar nie korpse is nie, wil ons graag mense en instansies uitdaag om deel te neem sodat die omgee verder uitgedra kan word.
Al wat nodig is, is ‘n paar vriende of kollegas wat kan braai en ‘n borg of twee vir vleis. Reël dan met ‘n ouetehuis en gaan bederf hulle. Die tehuise voorsien maklik self die bykosse.
Jy kan selfs op jou eie deelneem deur vir ’n bejaarde of twee in jou straat of dorp te braai.
Al wat ons vra is dat die getalle deurgegee word sodat ons kan weet wat die tamaai verskil is wat ons almal saam in die wêreld maak.
