TAMAAIBRAAI 2025

Met groot dankbaarheid deel ons die voorlopige syfers vir vanjaar se Tamaaibraai-inisiatief. Só gee u ‘n vinnige kykie na wat ons – saam met julle ondersteuning – kon bereik:

  • 20 korpse was betrokke en het hande gevat om dié liefdadigheidsprojek moontlik te maak.

  • 4 250 bejaardes en behoeftiges het baat gevind by die etes wat bedien is.

  • 53 instansies (ouetehuise, sopkombuise en gemeenskapsorganisasies) is van voorraad voorsien.

Voedsel bygedra en uitgedeel

  • 480 kg skaaptjops

  • 54 kg varktjops

  • 520 kg wors

  • 629 kg hoender-sosaties

  • 199 kg hoender-porsies

  • 26 kg braaibroodjies

Elke kilogram het ‘n verskil gemaak – nie net op ‘n bord nie, maar in mense se harte. Baie dankie aan almal wat bygedra, gehelp braai, vervoer en uitgedeel het. Ons sien uit om dié boodskap van omgee en samehorigheid nóg wyer te laat versprei.