Dien met Vreugde

Die Vryburger Omgeemense van SA

'n Nie-politieke diens- en kultuur organisasie wat stoflike, sowel as die opvoedkundige, kulturele, geestelike en maatskaplike ontwikkeling van ons gemeenskap ten doel het.

Die Vryburger Omgeemense het GEEN verbintenis of assosiasie met die Vryburgerbeweging, Vrymesselaars en die dorp Vryburg nie.

Vryburgerstrewe

Die Strewe van die Vryburger Diensorganisasie van Suid-Afrika bewoord die kernwaardes en doelstellings van Vryburgerwees.

Die voorlees van die Vryburgerstrewe geskied by vergaderings en funksies van die Vryburgers en dien die doel van bewusmaking van die Organisasie se bestaansrede en doelstellings aan buite persone of gaste teenwoordig by sodanige funksie.

Met die voorlees van die Vryburgerstrewe word Vryburgerlede ook weer opnuut herinner aan die kernwaardes van ons beweging en hul belofte tydens hul instelling as lid van die Vryburgers van Suid-Afrika.

Die Strewe is ook ‘n handelswyse of norm wat inherent die basis moet vorm van alle Vryburgerprojekte en aksies.

Vryburger Omgeemense streef daarna

  • Om altyd Die Bybel as grondslag te gebruik
  • Om die plaaslike gemeenskap te dien
  • Om samewerking in die gemeenskap te bevorder
  • Om Afrikaans as voertaal te gebruik

Nasionale Fokus

Ons Nasionale fokus areas word deur Dagbestuur bepaal

Kos vir Kinders

Kos vir Kinders is 'n landswye projek wat deur Vryburger Omgeemense gedryf word wat poog om die duisende kinders in en óm ons gemeeskappe wat op ‘n daaglikse basis op skool kwyn van hul honger te verlig.

Woordbediening

Soos gestaaf in die Vryburgers se Strewe, lê die verspreiding van die Woord van God ook vir die Vryburgers na aan die hart. Elke outonome korps pak hierdie inisiatief op hulle eie manier aan, maar oor die algemeen handel dit in samewerking met die Bybelgenootskap van SA, plaaslike gemeentes en dan ook Living Ball Ministries.

Tamaaibraai

Die Tamaaibraai is jaar ná jaar ’n groot sukses en groei net verder. Landswyd bederf Vryburgerkorpse ons bejaardes met smaaklike Karoo-braaivleis en lekker Afrikaanse musiek. Dit is ’n dag van samesyn, waardering en eg Afrikaanse gasvryheid waaroor ons baie trots is.

Toekoms Fokus

Toekomsvisie / Future Vision is ’n innoverende projek wat daarop gemik is om miopie (bysiendheid) by kinders vroegtydig op te spoor en te bekamp. Deur bewusmaking, oogtoetse en toegang tot geskikte brille te bevorder, streef die projek daarna om kinders se sig te beskerm en hul lewensgehalte en leervermoë te verbeter. Die doel is om elke kind die geleentheid te gee om die toekoms helder te sien.

RAAK BETROKKE & MAAK 'N VERSKIL!

Agtergrond

Wie is Ons | Ons Strewe | Geskiedenis | Kentekens | Die Sens

Wie is die Vryburgers

Die Vryburgers is ‘n nie-politiese diensorganisasie wat daarna strewe en hulle
beywer vir die maatskaplike ontwikkeling van die gemeenskap en terseldertyd
ook die bevordering van die Afrikaanse kultuur en tradisies. Die organisiasie
gebruik die Bybel as grondslag. Meeste van ons lede is Afrikaanse
besigheidsmanne (en deesdae vroue ook) wat graag ‘n verskil in hulle
onmiddelike omgewing en ons land wil maak.

Wat beteken dit prakties?

Die Vryburger Omgeemense is daar om ‘n verskil in hulle gemeenskappe te
maak. Alhoewel “broodnood” ‘n prioriteit is wil ons op ander gebiede ook ‘n
verskil maak. Fondsinsamelings is belangrik, maar soms rol ons moue op en
doen iets in die gemeenskap. ‘n Vryburgerkorps bestaan uit ‘n aantal lede in ‘n spesifieke dorp, stad of streek. 

Die Vryburger Omgeemense het GEEN verbintenis of assosiasie met die Vryburgerbeweging, Vrymesselaars en die dorp Vryburg nie.

’n Nie-politieke diens- en kultuur organisasie wat stoflike, sowel as die opvoedkundige, kulturele, geestelike en maatskaplike ontwikkeling van ons gemeenskap ten doel het.

Dienslewering binne ons Gemeenskappe

Die Vryburger Omgeemense is daar om ‘n verskil in hulle gemeenskappe te maak. Alhoewel “broodnood” ‘n prioriteit is wil ons op ander gebiede ook ‘n verskil maak. Dis dán wanneer die Vryburgers moue oprol en dinge laat gebeur. Hierdie is slegs 'n paar van ons projekte en meer kan gesien word op ons facebook-blad.

George Kospakkieprojek

George Vryburgers het 'n projek van stapel gestuur om die behoeftige kinders van skole in die George omgewing van 'n daaglikse kospakkie te voorsien.

Tijgerberg - Tamaaibraai

Tijgerberg Vryburger Omgeemense braai vir Huis Adri vd Walt Ouetehuis in Belville.

Paarlberg - Braai vir Bejaardes

Parlberg se Vryburgers het vir die inwoners van Huis Lizelle op Wellingtongaan braai.

Hoe kan JY help?

U is meer as welkom om ons te kontak indien u uself wil vereenselwig met die strewe van die Vryburger Diensorganisasie van Suid Afrika en voel dat u ‘n verskil kan maak in die behoeftiges binne u gemeenskap. Skenkings word slegs aan projekte gegee waarvoor staatsubsidies nie geredelik beskikbaar is nie. U kan op een van 4 maniere 'n verskil in 'n behoeftige individu se lewe maak:

Finansiele Bydrae

Die Vryburger Omgeemense het die oor op die grond en weet presies waar daar dingende behoefte en “broodnood” is. Ons waarborg jou, dat jou liefdadigheids bydrae toepaslik aangewend sal word en nie in ons oorhoofse kostes sal beland nie.

Skenk klere en allerlei

Ons korpse weet presies waar jou skenkings binne ons gemeenskappe aangewend kan wordom die nood van behoeftiges te verlig. Ons verwelkom ou klere, meubels en allerlei. Kontak ons en ons maak ‘n plan om dit by jou te kom afhaal.

Raak 'n Vryburger

Om 'n Vryburger te wees is nie net 'n voorreg nie, maar is ongelooflik vervullend en bied aan elke Vryburger die geleendheid om 'n verskil te maak binne sy eie gemeenskap. Vryburgers is Omgeemense!

Gebruik jou Netwerk

Elke organisasie het deesdae ‘n Facebook-bladsy en dit is ook waar ons meeste van ons onlangse doen en late uitstal. Sien ook daar watter byeenkomste die Vryburger-korps naby jou beplan en aanbied. Deel asb ons facebook publikasies.