Nasionale Fokus

Ons Nasionale fokus areas word deur Dagbestuur bepaal

Kos vir Kinders

Kos vir Kinders is 'n landswye projek wat deur Vryburger Omgeemense gedryf word wat poog om die duisende kinders in en óm ons gemeeskappe wat op ‘n daaglikse basis op skool kwyn van hul honger te verlig.

Woordbediening

Soos gestaaf in die Vryburgers se Strewe, lê die verspreiding van die Woord van God ook vir die Vryburgers na aan die hart. Elke outonome korps pak hierdie inisiatief op hulle eie manier aan, maar oor die algemeen handel dit in samewerking met die Bybelgenootskap van SA, plaaslike gemeentes en dan ook Living Ball Ministries.

Tamaaibraai

Die Tamaaibraai is een van ons nuwe inisiatiewe en is iets waaroor ons baie opgewonde is. Die Tamaaibraai is tot dusver elke jaar 'n groot sukses. Landswyd bederf Vryburgerkorpse ons bejaardes met smaaklike Karoo braaivleis en lekker Afrikaanse musiek.

Toekoms Fokus

Toekomsvisie / Future Vision is ’n innoverende projek wat daarop gemik is om miopie (bysiendheid) by kinders vroegtydig op te spoor en te bekamp. Deur bewusmaking, oogtoetse en toegang tot geskikte brille te bevorder, streef die projek daarna om kinders se sig te beskerm en hul lewensgehalte en leervermoë te verbeter. Die doel is om elke kind die geleentheid te gee om die toekoms helder te sien.