Hoe het die Vryburgers ontstaan? DEEL 1/3

Jan van Riebeeck het op 06 April 1652 voet aan wal gesit in die Kaap. Hy het tuine begin waar daar groente en vrugte verbou is en sodoende kon hy vars vrugte en groente aan die skepe verskaf. Die verversings pos wat Jan van Riebeeck in 1652 begin het kon nie genoeg graan produseer om selfs in hulle eie behoeftes te voorsien nie. In die begin jare moes die Vereenigde Oost-Indische Compagnie (VOC) dit steeds onderhou. Dit was as gevolg van die graantekort wat daar toe op sy aandrang die eerste Vryburgers op 21 Februarie 1657 ingestel is. Die vryburgers was werkers van die VOC aan wie van tyd tot tyd toestemming verleen is om die diens te verlaat (dus “vry burgers” te word) en te gaan boer. Sommige van hulle was slawe. Hulle was selfstandige boere en het plase langs die Liesbeekrivier ontvang.

Van Riebeeck het besef dat dit beter met die kosvoorsiening sou gaan as dit nie die Kompanjie was wat voedsel vir die skepe moes lewer nie, maar mense wat self boer. Dit was n groot gebeurtenis in die geskiedenis van Suid Afrika en die grondslag is gelê vir die ontwikkeling van n nasie.

Die heel eerste vryburger was eintlik n vrou, Annatjie Boom. Sy het in 1656 n kontrak met die VOC aangegaan om melk teen n vaste prys te lewer. Die kontrak is egter opgesê omdat die VOC nie genoeg voordeel daaruit getrek het nie.
Annatjie se man was die volgende jaar een van die nege vryburgers.
Die Vryburgers is in twee groepe ingedeel waarvan die een groep onder leiding van Steven Jansz van Wageningen en die ander onder leiding van Harman Remajenna was. Hulle het n stuk grond by die Liesbeekrivier ontvang soos vroeër genoem. Die Vryburgers moes hulle produkte teen n vasgestelde prys aan die VOC verkoop.

Die produkte het voorsien in die behoeftes van die vlote en die inwoners van die Kaap. As daar oorblywende produkte was kon hulle dit onder mekaar verhandel of na Batavia uitvoer. Hulle inkomstes is aangevul deur jag, visvang, biermakery en deur varke en pluimvee aan te hou. In 1658 was daar alreeds 15 Vryburgers gewees.

Die Vryburgers moes in die begin saai en plant wat die VOC voorgeskryf het en moes die lae pryse van die VOC aanvaar wat hulle toe later in opstand laat kom het teenoor die VOC se regeerwyse.

Vind meer uit, volgende week…

Leave a Comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *