“Wanneer die deelnemers reeds vroegoggend op 17 Desember die speke laat sing, sal hulle ook gerus kan wees dat alles vir ‘n goeie doel is.“
Die organiseerders, die Vryburger Omgeemense van George, bied die geleentheid aan in samewerking met die hoofborg, Finovo, ‘n plaaslike rekenmeestersfirma, asook ander borge en donateurs, om geld in te samel vir een van hul mees prominente omgee-aksies, die Kos Vir Kinders-projek.
Die Kos vir Kinders-projek word reeds jare lank deur die Vryburgers gedryf met die doel om skole se voedingsprojekte te ondersteun sodat kinders uit behoeftige omstandighede daagliks ‘n voedsame kospakkie by die skool kan ontvang.
Lees meer in die George Herald artikel: https://www.georgeherald.com/Sport/Article/Other/kom-ry-fiets-vir-n-goeie-doel-202212081033