Burgerraad 19-21 Mei 2023

Die Vryburger korps van George nooi alle Vryburgers en hulle gades uit om ‘n onvergeetlike naweek saam met ons te kom geniet by vanjaar se Burgerraad, wat in die Wildernis sal plaasvind op 19 – 21 Mei 2023.

Ons gaan terselfdertyd die 60ste bestaansjaar van die Vryburger beweging vier, en ons sal graag wil hê dat jy, en jou gade deel van hierdie spog geleentheid moet wees!

Die koste beloop R2750.00 per persoon wat deel, en dit sluit twee nagte se akkommodasie in die Wildernis hotel in, sowel as die konferensie, vermaak en alle etes. Die dames sal tydens die konferensie (dis nou op die Saterdag oggend), bederf word met ‘n heerlike uitstappie na welbekende “Redberry Farm”, een van George se gewildste toerisme bestemmings; en nog verrassings wag…

Die 2023 Burgerraad beloop om ‘n geskiedkundige geleentheid te wees. Maak seker jy is daar!

Meer inligting sal binnekort na al die korpse uitgestuur word. Maak intussen die datum op jou kalender vas en bespreek asseblief so spoedig as moontlik, want plek is beperk.

Vir enige navrae of besprekings kontak gerus die George korps se Basuin, Hildred Basset by 072 704 8300 vir meer inligting.

Redberry Plaas George

Die Redberry Plaas in George is een van die Tuin roete se gewildste toerisme en familie bestemmings. Hulle Aarbeie word oor die hele Suid Afrika en die Midde Ooste versprei. Dit is die ideale plek vir persone van alle ouderdomme wat mal is oor die buitelug. Hier is heelwat aktiwiteite waaraan jy kan deelneem, soos Aarbeie pluk, die grootste permanente heining Doolhof in die Suidelike Halfrond verken, deelneem aan “Go-Carts”, Ponie ritte, of “Bumper” bote en “bubble balls” op die dam.

Daar is ‘n Plaas Stal met baie lekker produkte en heelwat plekkies om by te eet bv. die Tee Tuin, Bounty eetplek vir fynproewers plaasstyl kos, Red Shed Coffee & Berry Bar, Noshery’s wood-fired pizza, Framboos se handgemaakte roomys of besoek die Houtbosch Wine & Craft Beer proe lokaal. “

Vir die dames is daar ‘n Berry Boutique wat klere en ander produkte verkoop. Maak net seker jy vat jou man saam, want terwyl hy wag dat jy klaar koop, kan hy solank na die klere vir die manne loer.

Dit is die geskikte plek vir funksies, kinderpartytjies, skool toere en spanbou waar jy en jou geliefdes julle gate uit kan geniet.

Die Wildernis Hotel

Die Wildernis Hotel is een van die Tuin Roete se oudste en mees geliefde hotelle, geleë aan die pragtige Suid-Kaapse kuslyn.

Adres: 6 George Rd, Wilderness, 6560

https://goo.gl/maps/BfVkBYRfv3nUGZjv7

Leave a Comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *