George Vryburger Diensorganisasie!

Finovo Jakkalberry 18 Desember 2021Die eerste “Finovo Jakkalberry 100 Miler” Bergfietswedren sal op Saterdag, 18 Desember 2021 by die Jakkalsvlei Wynkelder naby Herbertsdale, Mosselbaai om 06:00 begin en dieselfde dag by die Redberry Farm net buite George eindig. Registrasie vind vanaf 05:00 plaas met die ren wat 06:00 sal begin.Die omgewing het die afgelope twee weke baie reën gehad. Gevolglik moes die organiseerders die roete deur die Outeniquaberg aanpas. Raadpleeg asseblief die onderstaande skakel vir meer inligting.Daar sal vyf waterpunte op die roete wees waar eet- en drinkvoorraad aangevul kan word. Hierdie inligting is ook beskikbaar. Die organiseerders, die George Vryburgers Omgeemense, bied die geleentheid in samewerking met die hoofborg, Finovo, ‘n plaaslike rekenmeestersfirma, aan asook verskeie ander borge en donateurs. Die fondse word vir die “Kos Vir Kinders”-projek aangewend. Vir meer inligting en/of om in te skryf, volg hierdie skakel: www.entryninja.com/events/jakkalberry

Leave a Comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *