Maak 'n Verskil

Sluit aan by die Vryburger Omgeemense

Om Vryburger te wees is nie net 'n voorreg nie, maar is ongelooflike vervullend en bied aan elke Vryburger die geleendheid om 'n verskil te maak binne sy eie gemeenskap. Vryburger Omgeemense is 'n landswye liefdadigheids-vriendekring wat daarvan hou om 'n hongermagie te vul, vir 'n ou oom die Klein Karoo te wys, en om vir 'n behoeftige skool 'n biblioteekte bou. Vryburgers is Omgeemense!

Minimum Vereistes

Die Vryburgers is ‘n nie- politiese Diens- en Kultuurbeweging wat die stoflike sowel as die opvoedkundige, kulturele, geestelike en maatskaplike ontwikkeling van die gemeenskap asook die bevordering van die Afrikaanse Kultuur en Tradisies, ten doel het. Ons erken die Bybel as grondslag en fokus op dienslewerings-projekte waar staatsubsidies nie geredelik beskikbaar is nie.

• Jy moet 18 jaar of ouer wees.
• Jy moet die Bybel as grondslag erken.
• Jy moet 'n passie vir die Afrikaanse Kultuur en Tradisies he.
• Jy moet 'n Omgeemens wees met 'n passie vir Liefdadigheid.