Diensprojekte

Die Vryburger Omgeemense is daar om ‘n verskil in hulle gemeenskappe te maak. Alhoewel “broodnood” ‘n prioriteit is wil ons op ander gebiede ook ‘n verskil maak. Dis dán wanneer die Vryburgers moue oprol en dinge laat gebeur.

Tijgerberg Vryburgers – Kinderhuis kersparty

Die Tijgerberg Omgeemense bederf die Boucher Huis vir kinder met ‘n kersfees party.

Rustenburg Vryburgers – Potjiekos vir bejaardes

Koster Tuiste vir Bejaardes se inwoners geniet n lekker skaappot saam die Rustenburg Vryburger Korps.

Oudtshoorn Vryburgers - Kersbraai

Oudshoorn Vryburgers het vir die kinders van die plaaslike Lighuis ‘n jaaraflsuitling en kersbraai gehou.

Ceres Vryburgers – Hulp aan haweloses

Ceres Vryburger manne wat die hawelose help voed op koue aande. Hierdie is ‘n deurlopende projek van die korps.

Kroonstad Vryburgers – Kospakkies na Dagsorgsentrum

Kroonstad Omgeemense besoek hulle plaaslike Dagsorgsentrum. Lekker Worsbroodjies, kerspakkies en drukkies uitgedeel.

Oos-Londen Vryburgers – Kos aan haweloses

Hier deel Vryburger Omgeemense Oos-Londen pap en wors uit aan haweloses naby die middestad.